A Very Small Insect

Wees verseker dat in die Fynbos daar altyd iets sal wees om ons botaniese entoesiaste opnuut te beindruk!

Onlangs was ons soos gewoonlik besig om voorbeelde van Fynbos wat op die oomblik blom, te versamel om in die Besoekersentrum te vertoon.  My aandag word gevestig op ‘n onopsigtelike lid van die Asteraceae familie, die Seriphium incanum, se ongewone baie klein blommetjie, wat terloops glad nie na ‘n aster lyk nie.  Natuurlik word die kamera vir ‘n foto uitgehaal, en tot ons verbasing is daar ‘n piepklein goggatjie perfek gekamoefleer daarop.

IMG_4225a

Dr Vic Hamilton-Attwell was so vriendelik om die foto aan ‘n entomoloog, Dr Ian Miller, te stuur, wat van mening is dat dit in die orde Hemiptera: Heteroptera: Fam. Miridae: Subfam. Mirinae val.   Nou wat interessant is, is dat Pameridea  wat ook baie klein is en op Roridula voorkom, ook in die familie val.    Hy is nogal geinteresseerd, daar is min kennis van die familie en subfamilie.    Volgens Vic gaan hulle die identifikasie verder navors.

Submitted by Fran Jordaan

About roncorylus

He who wants the kernel must crack the nut
This entry was posted in Insects. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s